Tuesday 27 February 2024

 

 

Only ask of me, and I will give you the nations as your inheritance, the whole earth as your possession. Psalm 2:8

Hi Almal,

 

Jammer ek stuur nou eers weer 'n nuusbrief. Ons was bitter besig en iets het kort-kort gebeur wat my aandag verlang het, maar ek het ook eerlikwaar gedink ek het reeds 'n tyd terug gestuur....die ouderdom, nê!

Soos julle weet is Desember, Januarie en gedeeltelik Februarie ons besigste tydperk en was die tyd baie meer besig as die vorige 4 jaar tydens Covid. Die spanne het ingestroom en die uitreik beplanning en reëlings vir elke span het my bitter besig gehou. Ons moes ook ernstig soek na nog moontlike uitreik geleenthede, ministries en kerke wat in die noorde is om te affilieer aangesien sommige sendelinge en lokale kerke toegemaak het weens verskeie redes, maar hoofsaaklik weens Covid. Gelukkig het die tronke en aanhouding sentrums weer gevra of ons spanne kan stuur om die mense te kom impakteer en dan is daar ook geleenthede om baie Bybels uit te gee aan die families wat buite wagtend staan om besoek te doen.


People talk of the sacrifice I have made in spending so much of my life in Africa. It is emphatically no sacrifice. Say rather it is a privilege. - David Livingstone


Ek het weereens 'n voorreg gehad om einde Januarie en begin Februarie in Phitsenalok (in die middel van Thailand) te gaan lering gee oor sending en Evangelisasie. Dit was so lekker om weer direk in kontak te wees met die studente, want soos julle kan onthou die vorige paar jaar moes ek deur middel van   Zoom (online) onderrig gee. Die studente is huidiglik op 'n uitreik in Malaysia en volgens die terugvoering is die Here besig om hulle baie te gebruik onder die jeug.

 

OPPAD SUID AFRIKA TOE!!! Goei nuus, ons (ek, Jono, Sara, Zachi en Daniel) kom Maart en April ons geliefde land en mense besoek.Dit is nou 6 jaar vandat ons laas daar was en dit sal so 'n voorreg wees om Dawie en sy familie (Berenise en klein Dawie) weer van aangesig tot aangesig te sien. Ons praat darem nog altyd amper daagliks met mekaar en is redelik baie op Facetime.

 

Soos julle weet was Covid 'n probleem maar ook finansies om Suid Afrika te besoek. Ons is so dankbaar aan ons Koning en God want Hy het dit moontlik gemaak en die kaartjies voorsien, maar ons moet nou vertrou vir 'n voertuig of een te huur en ook vir verblyf vir die eerste 4 dae, 16 tot 20 Maart. As enigeen weet van 'n plekkie in die Kaap omgewing vir 3 volwassenis en 2 kinders waar ons kan bly teen billike tariewe dan sal ons dit bitter baie waardeer. Ook as ons net 'n voertuig vir selfs net die eerste week kan kry, want voertuie is baie duur om te huur. Ons is werklik so opgewonde en dankbaar om vir 6 weke weer daar te wees.


In God's world, for those who are in earnest, there is no failure. No work truly done, no word earnestly spoken, no sacrifice freely made, was ever made in vain. - Frederick W. Robertson


Die Here is besig om groot dinge in Thailand te doen. Duisende mense kom nou na die Here toe. Laat verlede jaar is 1765 mense in Phetchabun (middel van Thailand) gedoop en Desember is 2327 mense gedoop in Khon Kaen (Noord oos Thailand). Dit is steeds 'n druppel in die see, maar dis die eerste keer in die geskiedenis van Thailand dat soveel mense op een slag die Here aanneem as hul Verlosser. Christenskap groei nou teen n tempo van 3.6 persent per jaar.

Nothing of spiritual significance comes without sacrifice. Your spirituality will always be measured by the size of your sacrifice. - Jerry Falwell


BURMA: Die laaste besending van voorraad is Desember afgelewer in Burma.

Op hul vorige reis het ons kerk se span 'n volle verspreiding in 'n ander staat gedoen, waar baie vlugtelinge skuiling soek teen die voortslepende konflik tussen die Junta (Slegte ouens) en die drie broederskappe van rebelle (die goeie ouens). Hierdie sukses is moontlik gemaak deur ons spanne se gebed, toewyding, onberispelike tydsberekening en 'n paar baie gunstige weerstoestande wat hulle in staat stel om deur militêre optrede die vlugtelingkampe te bereik met broodnodige voorrade.

 

Ons spanne teiken groot getalle vlugtelinge in die omgewing wat 'n veilige hawe soek waar hulle die intense gevegte in die streek kan ontsnap waar die Junta hul vegvliegtuig patrollies en bomaanvalle verdubbel het, wat die desperate behoeftes van baie duisende burgerlikes vererger. Gevolglik het ons hierdie ligging by ons ontvangerlys gevoeg om toevlug, kos, water en medisyne te verskaf.

Nog een van ons spanne werk tans aan 'n groot aflewering aan honger en desperate gesinne in 'n ander gebied met ewe moeilike omstandighede.

 

But God doesn’t call us to be comfortable. He calls us to trust Him so completely that we are unafraid to put ourselves in situations where we will be in trouble if He doesn’t come through. – Francis Chan


Vir die wat nie weet nie, hier is 5 interessante en belangrike feite oor die 10/40-venster



Definisie: die gebied van die wêreld wat tussen 10 grade suid en 40 grade noord van die ewenaar van Noord-Afrika na SE-Asië lê. Hierdie venster bevat ons teikenlande van Viëtnam, Laos en Sentraal-Asië Nasies, insluitend Pakistan en Turkiye. Hierdie streek sluit 90% van die armstes van die armes ter wêreld in.

 

Hierdie venster raak 69 lande en bevat ongeveer 4.1 biljoen mense. Hierdie venster bevat 95% van die wêreld se onbereikte en ontkoppelde mensegroepe.

 

As jy dit bymekaar tel, beteken dit dat byna 1,9 biljoen mense in hierdie streek woon wat nie 'n Bybel het nie, wat nie 'n kerk het nie en wat nie persoonlik 'n volgeling van Christus ken nie.

 

Hierdie 1,9 biljoen word deur slegs 3% van alle beskikbare sendelinge en kerkplanters bedien en werk op slegs 1% van alle fondse wat na wêreldsending gaan.

 

Volgens Geopende Deure Bedieninge lê die top 10 nasies van die wêreld waar Christenvervolging die ergste is, almal binne of grens aan die 10/40-venster.

 

Nou verstaan jy die stelling: "alle verlore mense is ewe waardevol vir God, maar nie alle mense is ewe verlore nie"

 

God never takes away something from your life without replacing it with something better. – Billy Graham

 

Hou asseblief aan om te bid vir God se verlossingsplan om in hierdie nasie te ontvou. Ons bid dat baie vir JESUS as MESSIAS sal leer ken, vir SY GENADE oor al die onskuldige Jode, Arabiere en Palestynse burgerlikes, en vir WYSHEID EN MOED vir Israeliese leiers en soldate. Moenie ophou om vir Israel te bid nie, vir die vrede van Israel en Jerusalem.

 

Numbers 24:9 The nation is like a mighty lion; When it is sleeping, no one dares wake it. Whoever blesses Israel will be blessed, And whoever curses Israel will be cursed.” - Good news translation

 

Baie liefde en vrede

Len, Jono, Sara en kleintjies.

 

Those who give much without sacrifice are reckoned as having given little. - Erwin Lutzer

 

 

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

BANK CODE: 632005

 Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com